Kidz

Ons wil sien hoe ons kinders met passie God se aangesig soek, want met God se genade en hul eie potensiaal gaan hulle nie net die toekoms beinvloed nie, maar verander!

Kom geniet jouself, ervaar Jesus en bou ‘n hegte band met jou vriende of kom maak ‘n paar nuwes.

Wat kan ek verwag?

Kom speel voor en na enige van ons dienste op ons springkasteel of ons avontuurlustige klimraam!

Ons het drie op en wakker dienste spesiaal voorberei vir ons kinders en word aangebied met baie vriendelikheid en passie, al drie ons dienste word gevolg deur leefgroepe in hul verskillende ouderdomsgroepe waar hulle leer om die lewe met mekaar te deel en borrelend te leef as ook ‘n opwindende en kreatiewe aktiwiteit om hulle breinkrag en kunstige talente na vore te bring!

Ons kidzkerk dienstye:

 

08:00 (Afrikaanse oggenddiens)

09:30 (Afrikaanse Oggenddiens)

10:30 (English service)

18:30 (Afrikaanse aanddiens)


Koeldrank en koekies is op ons!


Ons het deur die loop van die jaar twee pretaande propvol speletjies, as ook ‘n oorslaap kinderkamp en ‘n pretdag met waterspeletjies, waterglybane nog baie papnatpret!


J

Jeug/Youth

Is daar meer in die lewe as eksamens, vriende, partytjies, sosiale media, universiteit, musiek, of net om awesome te wees? Het jy al ooit gewonder:


“is dit al?”


Hier glo ons dat dit die moeite werd is om alle aspekte van die lewe te verken, insluitend wat jy van God dink. Kom vra jou vrae, dink bietjie vir jouself en kom versterk jou persoonlike verhouding met God!


As jy in die hoërskool of op universiteit is, dalk is jy ‘n jong-volwassene wat al die besigheidswêreld betree het, gryp ‘n vriend en kom word deel van ons jeug!


Wat kan ek verwag?


Ons aanddiens, elke Sondag om 18:30, is spesiaal vir al ons jongmense en almal wat jonk van hart is en wat hou van harde musiek!

Kom speel voor en na ons eredienste, asook Woensdae by ons leefgroepe, bietjie Playstation, Xbox, pool, fooseball of volley ball saam met vriende en kom kyk wie stap weg as oorwinnaar!


Ons het elke Sondag om 17:00 en Woensdae om 18:30 leefgroepe waar jy die lewe deel met ander jongmense en saam kan groei om meer aktief te wees in God se koningkryk en ons samelewing.


Ons het gereelde jeug-socials wat alles van paintball tot filmaande tot danskompetisies insluit! Om nie te praat van ons jeugkamp nie, ‘n avontuurlustige naweek vol pret en passievolle spreukers, ‘n defnitiewe “not to be missed”  ervaring!


Kom wees jonk, wees loud en wees net jouself!


Strubenvale Kerk / Church Tuis / Home